Motorversekering

Motorversekering is iets wat enige iemand met ʼn geldige Suid-Afrikaanse bestuurderslisensie wat ʼn voertuig bestuur, moet oorweeg.

Selfs al betaal jy kontant vir ʼn nuwe of gebruikte motor en is jy die versigtigste bestuurder op die openbare pad, plaas jy jouself in ʼn groot finansiële risiko as jy nie motorversekeringsdekking het nie.

Hoekom het jy Motorversekering nodig?

Vir die eenvoudige punt van gemoedsrus.

As jy in ʼn ongeluk betrokke sou raak en jy het nie versekering nie maak dit nie saak of jy ʼn ou of nuwe voertuig bestuur nie – dit gaan geld kos! Jou skade, sowel as die ander persoon se skade, indien jy die oorsaak van die ongeluk is. Dit kan ʼn astronomiese bedrag beloop en kan jou finansieel ruïneer.

Ander dinge wat jou motorversekering dek en jou meer gemoedsrus gee:

In ons hedendaagse lewe in Suid-Afrika is persoonlike veiligheid nie alleen ʼn faktor nie, maar is motordiefstal of motorkapings ʼn werklikheid. Enige brandskade en haelskade sal ook gedek wees.

Dit is menslik om te dink:
  • “die kanse is skraal dat ek in ʼn ongeluk betrokke sal raak, ek bestuur baie versigtig…”
  •  “niemand sal my motor steel nie…”,
  •  “my motor sal nooit brand skade opdoen nie…”
  •  “hael sal my motor nooit tref nie…”

Laat Care Line Group jou help om ʼn voertuig versekeringskwotasie sorgvry en maklik te kry.

KLIEK HIER om ons aanlynvorm te voltooi.

Watter tipes motorversekering is beskikbaar?

Daar is drie tipes motorverskering:

1. Derdeparty, brand- en diefstal dekking:

Die derdeparty se skade sal gedek wees, maar nie jou eie skade nie. Jou voertuig word egter ten volle gedek vir brand en diefstal.

2. Omvattende dekking:

Dit dek jou verlies/skade, sowel as die ander party se skade.

3. Derdeparty dekking [alleen]:

Dit dek slegs die ander party se skade in geval van ʼn ongeluk.
Care Line Group kan onmiddellik kwotasies by verskeie maatskappye aan u voorlê, hetsy vir derdeparty of omvattende dekking.

Wat is ʼn bybetaling?

Dit is die eerste bedrag deur uself betaalbaar in die geval van ʼn eis. Die hoofrede vir bybetalings is om onnodige eise te beperk. U het egter ʼn keuse, hoe groter bybetaling u kies, hoe laer sal u premie wees. Ons kan selfs u polis so struktureer dat u geen bybetalings maak nie, teen ʼn geringe ekstra maandelikse koste. KLIEK hier vir ʼn motorversekerings kwotasie.

Wat is ʼn “geen-eis bonus” op motorversekering?

Vir elke eis-vrye jaar van versekering verdien u ʼn punt, wat u natuurlik laat kwalifiseer vir afslag op u maandelikse premies. Hoe hoër u Geen-eis bonus, hoe laer u premies.

Die maksimum geen eis bonus is gewoonlik 5 jaar, alhoewel sommige maatskappye dit ook neem na 7 jaar.

Indien u egter sou eis, sal u geen eis bonus aangepas word. Dit sal laer premies waarborg. 

Windskerm en ander motorruit dekking

U motor se voorruit en ander vensters is outomaties ingesluit by u versekering. Indien u dit moet vervang sal ʼn bybetaling gehef word, wat verskil van maatskappy tot maatskappy. Indien u, u voorruit of ander vensters kan laat herstel in plaas van vervang, word daar gewoonlik geen bybetaling gehef nie. Eise in hierdie kategorie benadeel nie u geen eis bonus nie.

Hoe word maandlikse premies op motor versekering bepaal?

Deur die volgende faktore:

  • Die vervangingswaarde van voertuig
  • Gebruik – privaat of besigheid
  • Area waarin woonagtig
  • Tipe dekking [omvattend of derde party]
  • Sekuriteit
  • Datum van uitreik van bestuurslisensie
  • Gereelde bestuurder [die ouderdom van die gereelde bestuurder het ʼn groot invloed op die premie]
  • Geen eis bonus
Maniere om geld te bespaar op motor versekeringspremie:
  • Laat Care Line Group vir u die mees kompeterende kwotasies bymekaar sit wat aan u behoeftes sal voldoen en daarna ook u portefeulje bestuur.
  • Maak seker dat alle versekerde items vir die korrekte vervangingswaarde verseker is.
  • Alle items moet onder die korrekte afdelings verseker word. U polis moet dus korrek gestruktureerd wees.
  • Jou geen eis bonus moet te-alle-tye in gedagte gehou word.
  • Kry verskillende kwotasies van verskillende versekeraars en vergelyk dit met mekaar. U moenie sommer net die eerste kwotasie wat u aangebied word aanvaar nie en maak ook doodseker u verstaan waarvoor u gedek is.
  • Hersien ten minste een keer per jaar u versekeringpolisse en pas die nodige waardevermindering op motors of ander items aan.
  • Sekuriteit van voertuie en geboue speel ʼn groot rol in u versekeringspremie.
  • Neem huisversekering en motorversekering by dieselfde versekeraar uit.
  • Goedkoper premies is gewaarborg deur ʼn goeie rekord van versekering.
  • Moenie onnodige eise indien nie – onthou weereens u geen eis bonus!

Ons by Care Line Group sal jaarliks u voertuig se waardes aanpas wat ʼn outomatiese verlaging in u premie te weeg sal bring.

Toegevoegde Waarde Produkte [* Ekstras]:

Teen ʼn geringe ekstra maandelikse tarief kan u die gemoedsrus van die volgende toegevoegde waarde produkte geniet-

* Padbystand vir u voertuig;

  • Indien u enige hulp langs die pad sou benodig vir enige van die volgende,
  • U het ʼn pap of afgeloopte battery,
  • U het ʼn gebarste band of pap wiel,
  • U het u sleutels in die motor toegesluit,
  • U staan langs die pad sonder brandstof en
  • U motor het gebreek en u het insleepdiens nodig.

Benodig U ons hulp? Skakel net die inbel sentrum, verskaf U besonderhede en hulle reel die nodige.

* Motorhuur
Care Line Group kan vir u motorhuur op u polis byvoeg. 

Dit is onontbeerlik indien u motor na ʼn ongeluk herstel moet word deur paneelkloppers en u nie alternatiewe vervoer het nie.

* Roete-aanwysingsbystand*

Kry roeteaanwysings van punt A tot punt B telefonies, faks of SMS
Kan ek my karavaan, motorboot en sleepwa ook verseker?

Ja beslis. Die vereistes is basies dieselfde as vir motorversekering.

Vir enige navrae kontak Care Line Group en ons sal u help om u polis reg te struktureer om u persoonlike behoeftes aan te spreek met sorgvrye, vinnige kwotasies.