Persoonlike Regsaanspreeklikheid

Wat is persoonlike regsaanspreeklikheid?

U en u buurman, oom Piet bly nou al jare langs mekaar en alhoewel julle nou nie juis die tipiese Sondag middagete vriende is nie, groet julle mekaar darem so oor die heining wanneer albei toevallig in die tuin is.
So met die jare saam het oom Piet se akkerboom al hoe groter geword, met die gepaardgaande skade aan die struktuurfondasie van jou eiendom.

Oom Piet weier egter summier om na jou smeekbedes te luister om die boom te laat afkap – die skade is tog immers nie aan sy eiendom nie.
Nodeloos om te sê dat na ʼn lelike meningsverskil, dit die einde van `n vriendskap en die begin van ʼn hofsaak was. Beide se prokureurs het floreer op die hoë hofonkoste en na wat soos ʼn ewigheid gevoel het, het die Hof toe wel in jou guns beslis – oom Piet moes van die boom ontslae raak, my skade dek en my regskostes betaal.

Gelukkig het oom Piet darem onthou van sy korttermyn versekeringspolis waarop hy persoonlike regsaanspreeklikheid dekking het.
Ons vriendskap is ongelukkig nie herstel nie, maar danksy die bondgenootskap tussen oom Piet ens sy verskekerings makelaar – Care Line Group – is hy ook nie bankrot verklaar nie.