Publieke Regsaanspreeklikheid

Stel jou voor jy wag in groot afwagting vir die posman om jou Huisgenoot te kom aflewer. Toe hy om die draai kom en jy by die voordeur uitgaan om hom te ontmoet, hardloop jou geliefde hond ‘Boela’ die boerboel by jou verby en maak dit eerste tot by die posman, nie om hom te groet nie, maar om hom in kennis te stel dat hy die baas van die plaas is…

So wie se skuld is dit dan nou? Boela het net sy werk gedoen en die arme gebyte posman ook. ʼn Publieke regsaanspreeklikheid polis sal jou dek indien die posman jou dagvaar vir skadevergoeding en/of mediese koste.