Meer oor Care Line Group

Care Line is ‘n gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer, geregistreer by die Finansiële Diensteraad, sowel as die Raad vir Mediese Skemas. Ons is geakkrediteer en het kontrakte gesluit met meer as 10 van die hoogs aangeskrewe mediese Fondse in die land.

Ons doel is om beheer te neem oor ‘n kliënt se mediese fonds uitdagings en bied hulle deurlopende diens met al hul mediese fonds benodigdhede en of navrae. Ons assisteer hul ook met die korrekte keuse van ‘n mediese fonds opsie wat aan hul spesifieke behoeftes voldoen en sodoende verseker ons ook die beste premies vir die maksimum dekking.

In ons hoedanigheid as mediese fonds spesialiste word ons beheer deur die Finansiële Diensteraad om te verseker dat ons te alle tye korrekte advies gee en professionele diens lewer. Ons kennis stel ons in staat om u te adviseer oor die geskikste mediese fonds, wat aan u spesifieke behoeftes voldoen, dus bied ons u waarde vir geld, sowel as ander finansiële dienste.

 Care Line Group is 100% op hoogte van die wet op mediese fondse wat ons in staat stel om namens ons kliënte op te tree en hul regte te beskerm.

Ons uitvoerende span sien om na ons risiko en welvaart kliënte. Dit is uiters noodsaaklik om ‘n persoonlike verhouding met sodanige kliënte te sluit.

Ons databasis bestaan uit ‘n portefeulje van meer as 5000 aktiewe kliënte, sowel as 2000 korttermyn versekerings kliënte.

 Die hoof uitvoerende beampte van die Maatskappy beskik oor meer as 15 jaar se ondervinding op bestuursvlak en het die posisie van uitvoerende algemene bestuurder, bedryfstelsels, beklee in ‘n hoogs aangeskrewe koöperatiewe maatskappy in Suid Afrika.